Romeine 12 V11

Woensdag 18 Oktober 2017 Tema: Genesing 3
**** My eie woorde
**** Die volgende stap in ons genesingsproses , is TYD. God het Sy bestemde
tyd. Ek het een van daardie haastige temperamente en met alle respek gesê
dink ek dat die HERE soms Sy kop skud en sê: Stadig my kind jy is té haastig!
Jy sien as dit nie God se tyd is nie, is dit soos ‘n roof wat jy aftrek voordat die
wond gesond en droog is , dit bring pyn , dit bloei van vooraf aan en dis oop vir
infeksie van buite af. Saam met tyd gaan ons deursettingsvermoë om vol te
hou tot die end. Kom ons kyk na die volgende sin en verskuif die klem. Die
laaste een is weg van my en ‘n gesprek met God.
• Here HOEKOM het die ding met my gebeur?
• Here hoekom het die ding met MY gebeur?
• Here hoekom het DIE DING met my gebeur?
• HERE hoekom het die ding met my gebeur?
Ek het ’n voorstel….. verander jou vraag in ‘n dankgebed:
“Here BAIE DANKIE, dat U my so vertrou dat U hierdie toets oor my pad
gestuur het, help my om U nie teleur te stel nie dat ek die lesse sal leer wat U
daardeur vir my wil leer. Ek loof U vir die wonde in my hart omdat ek so klein
kykie kry wat U as mens op aarde vir my moes dra.”
Jy sien eers dan kan jy opreg bid en vra: HERE seën elkeen wat bereid is om
die kans te waag om U kind se hart seer te maak omdat dit so ‘n vreeslike
waagstuk is vir enige een om U kinders aan te raak. Dan sien ons drie kern
opdragte in vers 11 van die teksgedeelte, maar die res is net so kosbaar
Romeine 12 V11 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig,
dien die Here. V12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in
gebed V13 Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid.
V14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie.
Jes.55:8 Want My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie My
weë nie, spreek die HERE. V9 Want soos die hemel hoër is as die aarde, so
is My weë hoër as julle weë en My gedagtes as julle gedagtes.
Ps_102:13 (102:14) U sal opstaan, U oor Sion ontferm; want dit is tyd om
hom genadig te wees, want die bestemde tyd het gekom.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 18 Oktober 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Hermien van Niekerk 18 Okt.
Gordon Bruwer 18 Oktober
Sue Robbeson 18 Okt
Wilma Pieterse 18 Okt
Schadré Kriel 18 Okt
Thea Gerber 18 Oktober
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 74 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *