ROMERIGE HOENDER-EN-NOEDELGEREG

Rika Theron
(4 – 6 porsies)

Bestanddele
40 ml botter,
1 ui, fyngekap,
1 knoffelhuisie, fyngemaak,
100 ml hoenderaftreksel,
1 groot hoender, in stukke gesny,
sout & peper,
200 ml gaar noedels,
25 ml gekapte pieterselie,
1 blikke sampioenroomsop.

Metode
Verhit botter in ‘n dikboomkastrol en braai uie en knoffel daarin tot dit sag en deurskynend is. Voeg hoender by en braai tot dit mooi bruin aan albei kante is. Voeg aftreksel by, plaas die deksel op en prut oor lae hitte tot hoender sag is. Verwyder vleis uit kastrol en verwyder bene. Sny vleis in hapgrootte stukkies. Plaas vleis terug in kastrol, geur met sout & peper en laat weer deurkook. Voeg noedels, pieterselie en sampioenroomsop by en prut ongeveer 10 minute oor lae hitte. Roer liggies met ‘n vurk sodat noedels nie pap word nie. Sit voor saam met slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 630 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *