ROOSTERBROOD VIR ‘N KONING

Rika Theron
Bestanddele
Per persoon:
1 sny brood,
30 g botter,
1 klein skyfie sagte vleis sonder vet,
sout & peper,
1 hardgekookte eier,
12,5 ml suurlemoensap,
2 skywe kaas,
1 skyf suurlemoen,
1 takkie pieterselie,
1 slaaiblaar.

Metode
Rooster brood en smeer met botter. Verwarm orige botter in pan en braai vleis weerskante daarin. Geur met sout & peper. Plaas op roosterbrood. Dop eier af, sny in skyfies en plaas bo-op vleis. Plaas skywe kaas bo-op. Bak 10 minute in warm oond (200°C). Haal uit en plaas op ‘n slaaiblaar op ‘n bord. Garneer met suurlemoenskyfie en pieterselie. Sit dadelik voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 215 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *