Rys en maalvleis gereg in die oond

Bestanddele
750g maalvleis
1 ui
sout & peper
blatjang
1 koppie rys
1 x blikkie minestrone / sampioen sop
1 x blikke roomsampioene
2 koppies kookwater
gerasperde kaas

Metode
Stel oond op 180’C.
Smeer casserol.
Braai maalvleis met gekapte ui in aparte pan.
Sprinkel met sout en peper.
Skep onder in casserol, smeer lagie chutney bo-oor.
Gooi 1 koppie rou rys bo-oor, dan een blikkie sop en een blikkie room sampioene bo-oor.
Gooi dan 2 koppies kookwater oor en bedek met tinfoelie, bak vir een en ‘n half uur tot gaar en rys sag en uitgeswel.
Gooi gerasperde kaas bo-oor en smelt in oond, bedien met groente van jou keuse.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,214 times, 2 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *