Spreuke 16 V2

Maandag 16 Oktober 2017 Tema: Genesing 1
**** My eie woorde:
**** Indien jy ‘n abses het moet dit skoongemaak word. Hoe vind ’n mens
genesing van geestelike wonde? Waar begin ons. Wat kan ek doen om hierdie
lelik hier binne te help verander. Indien jy met ‘n wond dokter toe gaan en dis
gesny en skoongemaak, moet jy daagliks terug gaan vir skoon verbande. As jy
aan kanker ly, kan jy soveel pyn middels drink as wat jy wil, maar die oomblik
as die pyn terugkeer, weet jy jy het nog steeds die siekte. Jy kan ontken dat jy
pyn het, maar jy weet elke oomblik van elke steek wat jy beleef. Die eerste
aspek is om EERLIK te wees. Wees eerlik teenoor God en eerlik teenoor
jouself. Vra jouself eerlik af vandag, is ek wie ek dink ek is, as ek eerlik na
binne kyk, wat is daar in my wat God mishaag? Onthou Hy is, en bly die Groot
Geneesheer. Hy sien daardie wonde daar diep binne waar niemand sien nie.
Hy weet van jou stukkende hart en die houe wat die lewe jou gee. Nogtans
wag Hy vir jou dat jy vir Hom sê : “ HERE ek kan nie, help my”
Spreuke 16 V2 In sy oë is alles wat ‘n mens doen, reg, maar die Here
ondersoek die gesindheid.
Klaagliedere 3V39 Wat kla ‘n mens oor sy lewe? Hy moet liewer sy sonde
oorwin. V40 Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here
bekeer, V41 laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel
uitsteek en bely:..
**** Kom ons maak hierdie week ons harte voor Hom leeg sodat hy ons
binnekant kan genees.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n
skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 16 Oktober 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Louisa Seibes 16 Okt.
Linda v d Merwe 16 Okt
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 86 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *