Spreuke 23V7

Donderdag 19 Oktober 2017 Tema: Genesing 4
****My eie Woorde
****Die volmaakte resep vir mislukking:
• Bedink die dinge wat God nie oor jou sê nie.
• Bedink die dinge wat die duiwel oor jou sê.
• Bedink die negatiewe dinge wat jy dink ander oor jou sê.
• Geniet ‘n lekker depressiewe dag.
Spreuke 23V7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy……
Spr 24V2 Want hulle hart bedink verwoesting,…
Rom 8:6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is
lewe en vrede,
Fil.4 V8 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is,
alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of
lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig
**** Genesing kom van binne af. Moenie langer op jou emosies en gevoelens
staatmaak nie, maar hou in geloof aan God vas. Kyk na die skepping sien jy
enige “gemors” wat God gemaak het-Nee! Dus is jy ook nie ’n mislukking of
“gemors” nie inteendeel jy is die kroon van Sy skepping. Weet jy wat dit
beteken? Dit beteken jy is die beste deel om alles af te rond. Wanneer ons
Hemelse Vader vanoggend na jou kyk deur Sy Seun sê Hy: My seun, my
dogter, jy is so spesiaal en kosbaar in my oë. Glo dit, beleef dit en leef dit. As
die bose vandag in jou oor kom fluister, verander jou treurmare in dank en
lofprysing en jou hele dag sal omkeer. Gee jou gedagtes vir die Heilige Gees
en vra vir vernuwing.
Matt 6:26 Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai
nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse
Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 19 Oktober 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
\verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Hendrik Nagel 19 Okt.
Rika Harper 19 Okt.
Nicoleen Ross 19 Okt.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 98 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *