Super-Sitrushoender Marinade

Ingestuur deur Jan van Niekerk
Wegsleep

Bestanddele:
1 Heel hoender (1,5-2 kg)
2 Knoffelhuisies, fyngekap
¼ Koppie tamatiesous
6 Eetlepels sojasous
1 Eetlepel gewone paprika
1 Teelepel gerookte paprika
1 Teelepel rooipeper
2 Naartjies
¼ Koppie olyfolie
2 Eetlepels heuning (of marmelade)
Suiker na smaak

Metode:
Meng in ’n bakkie die knoffel met die tamatiesous, sojasous, paprika en rooipeper. Voeg die sap en gerasperde skil van een naartjie daarby en roer die olyfolie by. Sit die hoender in ’n Ziploc-sakkie, gooi die helfte van die sous daaroor uit en skud goed. Laat die hoender vir ’n paar uur of verkieslik oornag marineer.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 410 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *