SUPER VINNIGE SKONS:

Ingestuur deur Joey Hannekom

Super-vinnige skons
Dit is nie die stewige skons wat ons gewoonlik by koffiewinkels kry nie, maar ‘n lekker ligte skon. Geen uitrol of uitdruk nie, jy gooi die beslag sommer in ‘n gesmeerde muffinpan.

BESTANDDELE
2 koppies meel
4 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout of Sout na smaak
¼ koppie kookolie
1 eier, geklits
1½ koppie melk en water, gemeng (ek gebruik 1 koppie melk en ½ koppie water)

METODE
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Gooi die kookolie, eier en melk-en-watermengsel by. Roer tot daar geen klonte is nie en gooi in die gesmeerde muffinpan. Bak vir 15 tot 20 minute teen 180°C. Laat effens in pan afkoel voor jy dit uithaal en bedien.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 5,613 times, 5 visits today)
Advertisements
 

2 thoughts on “SUPER VINNIGE SKONS:”

    1. Meeste van die skon resepte gebruik ‘n halwe teelepel sout. Jy kan ook dalk probeer om suiker in te gooi ipv sout

       

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *