Tamatiesous vir Spaghetti

Ingestuur deur Rika Theron

(4 porsies)

Bestanddele
30 g botter,
12,5 ml olie,
1 knoffelhuisie,
2 medium uie,
sout & peper,
2 blikke heel tamaties,
2 ryp tamaties,
5 ml suiker,
1 ml orego,
1 ml basiliekruid.

Metode
Verwarm botter en olie in kastrol, voeg uie en knoffel by. Soteer stadig tot uie sag maar nie bruin is nie. Voeg sout, peper, ingemaakte tamaties, geskilde, gekapte vars tamaties, suiker, orego en basiliekruid by. Bring tot kookpunt. Roer goed en verminder hitte, Stowe ongeveer 45 min.,roer af en toe. Haal deksel af, laat sous verder kook tot dit effens dik word. Die sous is genoeg vir 250 g spaghetti.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 909 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *