Twee dinge vra ek van U

“Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie: Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is; dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.” (SPREUKE 30:7-9).

Niemand wil arm wees en sukkel nie. Dis baie vreemd dat persoon ook nie ryk wil wees nie. Mense wat ryk is verloen sommer maklik die Here. Want wanneer jy ryk is en gesond voel dit of jy nie die Here nodig het nie. Hy wil elke dag genoeg he om te eet. Nooit weer hoef ons die vloed, storm, rykdom, armoede, voorspoed, droogde, vloed, dioe ontbering te probeer weg te bid nie.

Die kind van die Here kan rykdom hanteer.
Die kind van die Here kan honger hanteer.
Die kind van die Here kan voorspoed en droogte, oorleef.
Die kind van die Here kan in armoede wees.

“Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” (FILIPPENSE 4:12-13).

God laat dinge soms toe in ons lewe dat ons, sterker kan word. Jy stap soms n pad wat jy voel: ek verdien dit nie of waarom Ek Here? Ons is so besig met ons eie dinge dat God soms nodig het om die mat onder ons voete uit te ruk. Elke dag sal daar genoeg wees. Jyt soveel om voor dankbaar te wees. Kom ons sien nie die glas half leeg nie, maar half vol raak. Kom ons verander ons denke. Positief, gerig op God die Vader.

Amen

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 68 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *