Vetkoek, maklik en vinnig.

WENK OM VETKOEK TE BAK MET GEKOOPTE DEEG

Koop die deeg vroeg genoeg en los sommer in die sakkie om te rys. Ek los dit sommer so op die kombuis kas en sit vadoeke of klein kombersie bo-op. As die sakkie styf span van die deeg is dit reg om te gebruik.Gooi klein bietjie olie op die kas  uit en gooi die deeg uit die sakkie op die olie. Draai deeg om dat altwee kante vol olie is. Druk liggies platter. Ek sny dit dan (ons eet sommer vierkantige vetkoeke). 

Ek gebruik sommer die deeg se sakkie en skeur 2 kante oop dat hy plat is en sit dit oor die deeg dat dit nie uitdroog nie. Maak jou olie warm (medium hitte) as ‘n stukkie deeg begin borrels maak in die olie is dit reg. Genoeg olie dat die vetkoek dryf en nie op die bodem lê nie.

Draai af en toe om tot dit is soos jy dit wil hê. As ek met die agterkant van n lepel of vurk in vetkoek druk en die vurk of lepel kom skoon uit  behoort hy reg te wees. Braai eerder bietjie langer op laer hitte dat hy deurgaar word as wat hy buite te donker word voor hy binne gaar is.

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,246 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *