1 Joh. 3V18 (NV)

Woensdag 1 November 2017 Tema: My mond, hart en hande 3
**** My eie woorde
****Ek sê altyd “Talk is cheap” Dis baie maklik om iets te sê en vir
ander voor te skryf hoe en wat gedoen moet word. Wat van my en jou?
Kom my praat en my doen ooreen? Die Bybel waarsku ons vandag teen
lippetaal want ons dade moet ooreenstem met ons mond.
Christus sien in elke mens ‘n potensiële siel vir Sy koninkryk en daarom
meet Hy die hart met onuitspreeklike liefde. Daarmee keur Hy nie sonde
goed nie, want sonde kan nie in Sy Koninkryk toegelaat word nie, maar
Hy is genadig en wil ons red. Onthou ons elkeen het ’n gewete die
verskil is hoe reageer ek en jy daarop. As iets jou pla …maak reg terwyl jy kan.
1 Joh. 3V18 (NV)
18 Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees
nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.
19 Hierdeur kan ons ook te wete kom dat ons aan die ware God
behoort en kan ons ons gewete voor Hom tot rus bring.20 As ons
gewete ons veroordeel God is groter as ons gewete, en Hy weet alles.
Kolossense 3:23 En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos
vir die Here en nie vir mense nie,
Matteus 6:3 Maar jy, as jy liefdadigheid bewys, laat jou linkerhand
nie weet wat jou regterhand doen nie,

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 1 November 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Lorrian Vorster 1 Nov
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 52 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *