PZ72V12 – 13

Maandag 20 November 2017 Tema: Behoeftig en ellendig. 1
**** My eie woorde:
**** In vandag se lewe is ons almal bekend met die woord “behoeftig”
Dadelik dink ons aan die armes of die sukkelende. Dan kom die belofte
uit die woord vanmôre waar dit sê “Hy sal die behoeftige red” Let mooi
daarop, dit sê nie meervoud ….”behoeftiges” nie, want die HERE red
ons nie as ’n groep nie, maar as ’n individu. Dis ’n saak tussen jou en
die HERE. Ons moet ook die res lees waar dit die voorwaarde gee…die
wat roep om hulp. Onthou ek en jy kyk altyd vas teen hier en nou maar
die HERE kyk verder. Hy kyk na die ewigheid want dis soveel
belangriker. Hy wil ons siele red sodat ons vir altyd by Hom kan wees
wanneer hierdie lewe verby is. Lees gerus vandag se teks stadig en
roep uit na Hom wat jou hoor en verhoor. Mag julle elkeen ’n geseënde
week geniet onder die hand van Hom wat ons red.
Ps 72V12-13
12 Want Hy sal die behoeftige red wat daar roep om hulp, en die
ellendige en wie geen helper het nie. 13 Hy sal hom ontferm oor die
arme en behoeftige, en die siele van die behoeftiges sal hy red.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 20 November
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Corrie Venter 20 Nov.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 83 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *