1 Sam 1 V12

Woensdag 29 November 2017 Tema: Manier om te bid 3
**** My eie woorde
**** Miskien het jy ook al ervaar dat jou gedagtes dwaal wanneer jy bid.
Jy begin bid en dan besef jy jou gedagtes trek al by vandag se werk of
goedjies wat jy moet doen…maar jy bid. Een ding wat ek geleer het, is
om hardop te bid. Hanna se lippe het geroer toe sy bid want dan praat
jy en jy hoor jou eie stem en dan bly jy gefokus. Iemand sê, maar dan
hoor die duiwel wat jy sê. Daarvoor het ons engele wat die bose magte
verdryf wanneer ons bid. Onthou ’n derde engele het geval maar twee
derdes het oorgebly en staan in ons diens- wat ’n voorreg. Verder kan
jy jou hart voor God uitstort maak nie saak hoe eenvoudig jou woorde
nie…. Jesus het gesê … Onse Vader…. Verder dra die Heilige Gees ons
eenvoudige gebed aan ons Vader voor …terwyl mens bid kom daar ’n
naam by jou op en jy ervaar ek moet vir daar ene bid …dit is die Heilige
Gees. Onthou ons hoef nie ons Skepper te beïndruk nie, dis werke
godsdiens. Ons kan maar net met Hom praat uit ons hart opreg.
1 Sam 1 V12 En toe sy lank gebid het voor die aangesig van die
HERE en Eli op haar mond ag gee—13 want Hanna het in haar hart
gespreek: net haar lippe het geroer, maar haar stem kon nie gehoor
word nie—het Eli gedink dat sy dronk was.14 En Eli sê vir haar: Hoe
lank wil jy jou soos ‘n dronk mens gedra? Sit jou wyn van jou af weg.15
Maar Hanna antwoord en sê: Nee, my heer, ek is ‘n vrou beswaard in
my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my
siel voor die aangesig van die HERE uitgestort.
Hand 7:60 En hy het op sy knieë neergeval en met ‘n groot stem
uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié
woorde het hy ontslaap.
Heb 1:13 En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan
my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete?
v14 Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter
wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?
Rom 8:26 En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want
ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons
in met onuitspreeklike sugtinge.
GETUIENISSE en TERUGVOER
Gister het iemand gevra vir hierdie dagstukkie per Whatsapp
Jy ontvang dit dan op jou selfoon sonder die verjaarsdae
Ek bedank diegene wat hierdie bediening ondersteun want
dit is mos ons grootste uidagings deesdae …data.
Indien jy sou belangstel stuur jou selfoonnommer en naam
per e-pos vir my. as daar groot genoeg behoefte is dan gaan ek
voort daarmee . Ek sal nie die e-pos staak nie .
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 29 November 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Marlinda Swart 29 November
Thys Lourens 29 Nov.
Louis Burger 29 Nov
Hettie Spies 29 Nov
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 62 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *