2 Tim. 2V24

Woensdag 15 November 2017 Tema: Bekwaamheid wat tel 3
**** My eie woorde
****Paulus is besig om toe te pas wat hy glo, hy is besig om Timoteus te
leer sodat die kennis wat God Hom mee geseën het, oorgedra kan word
aan die volgende geslag. In die gedeelte klink hy vir my soos ‘n Pa wat
met sy seun praat met wyse raad. Hy deel vier dinge in een sin.
1. Moenie baklei nie 2. Wees vriendelik teenoor almal. 3. Wees
bekwaam om ander te leer . 4. Jy moet onreg kan dra
2 Tim. 2V24 ‘n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie.
Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om
ander te leer en iemand wat onreg kan dra.
*** Die eerste drie is nou nie so erg moeilik nie, maar die laaste een is
nie maklik nie. Wanneer iemand jou vals beskuldig, of die stories bereik
jou ore wat mense wederregtelik van jou sê, is jy op jou agtervoete. Ek
meen hulle moet mos darem weet van wie hulle praat en wat hulle daar
kwytraak . Tog het ek geleer om in sulke situasies dit vir die Here te
gee. Dra gerus maar die onreg want op Sy tyd sal geregtigheid seëvier .
Dit is die les wat Paulus hier leer want sien, dit is die goed wat ons
bekwaam maak vir ons Skepper se koninkryk, en dis mos wat tel.
1Pet 3:17 Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly
wanneer julle goed doen as wanneer julle kwaad doen.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 1 November 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Schalk Grobbelaar 15 Nov.
Carline Rudolph 15 Nov.
Louise de Wet 15 Nov
Stefan v Niekerk 15 Nov
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 45 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *