2 Tim. H2 V1

Dinsdag 14 November 2017 Tema: Bekwaamheid wat tel 2
**** My eie woorde:
****Hoe word ‘n persoon regtig bekwaam in dit wat hy/sy doen….deur
ervaring en oefening. So ook met ons geloof, deur aanhoudend te oefen
leer ons om God meer en meer te vertrou. Soms vra ek en jy : “Here
gee my meer geloof” Ag, man daardie week gaan dit rof alles loop
verkeerd en in jou hart wonder jy hoe dit dan werk want jy het dan juis
vir geloof gevra en al wat jy kry is toetse. Voilà!!! God wou my en jou
laat oefen en ons slaag nie die toets nie. Wat ook al die week op jou
pad kom, gee dit vir die HERE en sê: “Dankie Here ek prys U vir die
deurmekaar spul, want in geloof WEET ek U gaan dit oplos op U manier
en tyd en nie soos ek wil of kan nie” Paulus het ook raakgesien dat alle
mense nie dieselfde bekwaamheid het nie en dat almal nie noodwendig
betroubaar is nie, maar ons moet mekaar leer maar ook bereid wees
om van mekaar te leer.
2 Tim. H2 V1 Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat ons in
Christus Jesus het. V2 Wat jy my voor baie getuies hoor verkondig het,
moet jy toevertrou aan betroubare manne wat bekwaam sal wees om
dit ook aan ander te leer. V3 Dra jou deel van die ontberings soos ‘n
goeie soldaat van Christus Jesus.
Matt 7 V9 “Watter mens onder julle sal vir sy seun ‘n klip gee as hy
brood vra, V10 of ‘n slang as hy ‘n vis vra? V11 As julle wat sleg is,
dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal
julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van
Hom vra?
**** Wees verseker in jou situasie wat dit ook al mag wees- Hy by jou.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder
‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 14 November 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Hennie Wessels 14 Nov.
Justine Jahs- 14 Nov
Hans Vorster 14 Nov.
Anne Koekemoer 14 Nov.
Vera Aburn 14 Nov
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 72 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *