2Kor 7:10

Lente Nagel

Woensdag 8 November 2017 Tema: Sy wil vir my 3
**** My eie woorde
*** Ons het al al almal in ons lewens gehuil, of dalk was jou hart net
stukkend. Wanneer ek en jy bedroef is juis omdat ons binne God se wil
bly, omdat ons Hom kies kom wat wil, sal ons nooit spyt kry nie. Onthou
om God se wil te kies maak nie vir die wêreld sin nie inteendeel hulle
dink jy is nou heeltemal deurmekaar. Wanneer jy luister na die Heilige
Gees se stem kan jy nie verkeerd loop nie, want Hy maak nie foute nie
en Hy is vir ons gestuur toe Jesus gegaan het. Daar is een ding wat ons
altyd moet onthou wanneer jy vra: “Is dit verkeerd ?” Die feit dat dit jou
pla en die vraag by jou opkom, is juis reeds die Heilige Gees wat in jou
gewete met jou praat. Dan die volgende stap. Ek en jy kan nooit sonder
Sy krag oorwin nie. Vra Hom vir krag en hulp want dit dra ons deur.
2Kor 7:10 Want die droefheid volgens die wil van God werk ‘n
onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld
werk die dood.
1 Pet 4:12 Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging
onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom
nie; 13 maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus,
moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van Sy
heerlikheid met blydskap kan jubel. 14 As julle beledig word oor die
Naam van Christus, is julle gelukkig, omdat die Gees van die
heerlikheid en van God op julle rus. Wat hulle betref, word Hy wel
gelaster; maar wat julle betref,
word Hy verheerlik.
Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 8 November 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Cordia v Gerve. 8 Nov.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 43 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *