Bobotie ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 50 porsies

6 ½ kg Maer beesmaalvleis
2 kg Middelslag uie,gekap
60 ml Sonneblomolie
20 ml Suiker
200 ml Appelkooskonfyt
8 Stukkies steranys
15 ml Fyn Komyn
180 ml Matige kerrie
100 ml Borrie
200 ml Asyn
10 ml Fyn Naeltjies
15 ml Fyn Wonderpeper
250 ml Warm Vleissous
30 ml Sout
15 ml Varsgemaalde swartpeper
16 Suurlemoenblare

Sous vir bo-oor
20 Eiers
20 ml Borrie
10 ml Sout
2 Liter Lou melk

Meode:
Braai die ui in die olie en strooi die suiker oor dat dit mooi bruin kan word. Voeg die res van die bestanddele behalwe die suurlemoenblare, vleis en die sous by en meng goed deur. Roerbraai vir 5 minute. Voeg die vleis en die sous by en roerbraai nog 10 minute. Skep in twee groot oonpanne. Rol die blare op en druk hier en daar in die vleis.

Sous:
Klits die eiers en voeg die sout, borrie en melk by. Meng goed en deel in twee. Giet oor die gereg in die bakke. Bak vir 15 minute in voorverhitte oond by 200°C en dan 30 minute teen 180°C. Sit voor met geelrys en rosyne, droë vrugte in rooibostee en groente van jou keuse. Lewer 50 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,783 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *