BOLOGNAISE SOUS

Rika Theron
(4 porsies)

Bestanddele
25 ml olie,
2 medium uie,
750 g maalvleis,
1 blik heel tamaties,
37,5 ml tamatiepasta,
5 ml basiliekruid,
2 ml orego,
2 ml tiemie,
sout & peper,
1250 ml water,
gerasperde kaas.

Metode
Verwarm olie in ‘n groot kastrol, voeg gekapte uie by en soteer stadig tot uie sag is. Voeg vleis by en roer oor hoë hitte tot vleis donkerbruin is, druk die vleis goed fyn. Voeg ingemaakte tamaties, tamatiepasta, basiliekruid, orego en tiemie by en meng goed. Geur met sout & peper. Bring tot kookpunt, verminder hitte, prut 2 uur lank tot vloeistof verdamp het, sonder deksel. Sit voor met gerasperde kaas.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 633 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *