Dan 5V12

Maandag 13 Nov. 2017 Tema: Bekwaamheid wat tel 1
**** My eie woorde:
**** Dis vir my so wonderlik, wanneer mens deur die lewe beweeg, en jy
op soveel gebiede mense raakloop wat besonder bekwaam is in ‘n
sekere rigting. Dis dan ook hierdie persone wat jou lank bybly omdat
hulle net anders is, hulle het ‘n toewyding, ‘n ywer en ‘n passie in dit wat
hulle doen. Hulle is knap en jy kan op hulle reken. Ek hoor dikwels
stemme opgaan…”ons volg die stroom.” Tog het Daniël selfs daar waar
hy in ballingskap was onder moeilike omstandighede steeds uitgeblink
vir Sy Here. Die opdrag van Petrus is amper ‘n uitroep vandag….” gedra
julle altyd goed onder die heidene ” Ek meen dis mos nou maklik
tussen die wat ek ken en daar waar ek my beste kant wil wys…. maar
“tussen die heidene” ??? Dus onder die wat God nie ken nie. Dis darem
teveel gevra is dit nie. Dan volg die belofte: Deurdat mense ons lewe
sien, word God verheerlik op die dag van afrekening, dis nie wat ek sê
wat tel nie, dit het ook ‘n plek ja, maar my dade wys my binnekant na
buite, en dit tel by God.
Dan 5V12 Hierdie man Daniël vir wie die koning die naam Beltsasar
gegee het, het buitengewone bekwaamheid en kennis en insig om
drome uit te lê, probleme op te los en moeilike dinge te ontrafel.
1 Petrus 2 V11 Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en
bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike
begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net ‘n mens se lewe. V12 Gedra
julle altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle
asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God
kan verheerlik op die dag van afrekening.
‘n Geseënde week vir jou.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n
skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 13 November 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Cyrilene Cornelissen 13 Nov
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 47 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *