Dan 6:10

Dinsdag 28 November 2017 Tema: Tyd op te bid 2
**** My eie woorde:
**** Vandag sien ons dat ons ’n tyd moet hê om te bid. Ons weet almal
van skiet gebede wat die HERE beantwoord, maar elkeen van ons
behoort tyd te maak om met God in gesprek te tree. Veronderstel jy
staan vanoggend op en jy praat met almal behalwe met jou gesin. Ek is
seker teen vanaand gaan iemand jou vra, nou wat is fout, wat het ek
gedoen dat jy my vermy. Hoekom praat jy nie met my nie? Ek wonder
hoeveel keer het ons Hemelse Vader dit al ervaar, ons is so besig met
alles dat ons Hom vergeet. Dan die voorbeelde in Sy Woord. Daniël het
tyd gemaak en in sy bo-kamer gaan bid. Jesus het ’n gewoonte
gehad om op die Olyfberg te gaan bid, dit was Sy tyd waar Hy met
ons Vader gepraat het. As jy nie tyd het nie, maak tyd. Daar in jou
kantoor, maak jy jou deur toe voor die dag begin of by jou huis het jy ’n
plekkie waar jy tyd maak. Moenie Hom vergeet nie, want Hy het jou nie
vergeet nie.
Dan 6:10 (6:11) En net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe
was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad
wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op ‘n dag
op sy knieë geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net
soos hy tevore gedoen het.
Luk 22:39 En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg
gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg. 40 En toe Hy op die plek
kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie. 41 En Hy
het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as ‘n mens met ‘n klip kan
gooi, en neergekniel en gebid
Matt 6:6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur
en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die
verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n
skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 28 November 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Elma Janse van Vuuren 28 Nov.
Hendrikus Marais 28 Nov
Pastoor Johan du Rand 28 Nov
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 86 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *