EIER-EN-KAASSPAGHETTI 

Rika Theron
(6 – 8 porsies)

Bestanddele
500 g spaghetti,
kokende soutwater,
250 g spekvleis,
125 ml droë witwyn,
3 eiers,
125 ml gerasperde kaas,
varsgemaalde swartpeper,
gekapte pieterselie,
ekstra kaas.

Bestanddele
Kook spaghetti 15 – 20 minute in groot kastrol met kokende water.  Sny spek in 1 cm vierkante.  Soteer in kastrol tot gaar maar nie bros nie.  Voeg wyn by en prut 3 minute stadig.  Dreineer spaghetti baie goed, giet terug in kastrol.  Voeg spek dadelik by asook wyn en meng goed.  Meng geklitste eier en kaas oor lae hitte by.  Voeg ‘n bietjie peper by.  Verseker dat spaghetti goed met ‘n eier-en-kaaslagie bedek is.  Strooi pieterselie oor en sit voor met ekstra kaas.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 180 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *