Florentein blokkies

Koekoes Vorster
Resep uit Keur

Bestanddele
625ml Vrugte koek mengsel
100g Fyn gekapte amandels
200g Rooi glanskersies, ge gekap
90ml Koekmeel
125g Botter
125ml Heuning**
2 Eiers, geklits
200g Donker sjokolade

Metode
Stel oond op 160C. Plaas die vrugte koek mengsels, amandels, kersies en koekmeel in groot mengbak en roer tot goed gemeng. Plaas botter en heuning in n kastrol en smelt oor matige hitte Verwyder van hitte en klits die eiers vinnig by. (ander kook dit gaar). Roer die vrugte mengsel vinnig by en meng baie goed. ***

Skep in klein gesmeerde oond panne (swiss roll panne) van ongeveer 18cm by 28cm wat met bakpapier uitgevoer is. Maak gelyk bo-op. ¬†(Ek plaas n vel bakpapier bo op die mengsel en rol mooi gelyk en stewig vas met n koekroller” Bak vir 30 tot 35 min of tot gaar. Laat in die pan afkoel. Smelt sjokolade in n dubbel koker of die mikrogolf teen 70% en smeer bo op. Laat staan tot gestol en sny en blokkies.
Plaas in yskas toe heeltemal gestol.

Resep uit Keur

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 352 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *