Heerlike Essies – klein soet koekie

* 500 g koekmeel
* 2,5 ml sout
* 2,5 ml kruie naeltjies
* 10 ml fyn kaneel
* 5 ml fyn gemmer
* 5 ml koeksoda
* 375 ml suiker
* 200 g margarien
* 1 eier
* 25 ml wyn
* 5 ml Rooibolus of rooi voedsel kleursel

Sif die droë bestanddele saam en vryf die margarien met jou vingerpunte by die meel in tot dit soos fyn broodkrummels lyk.Klits die eier en wyn saam. Meng dit by die meel in om ‘n stywe deeg te vorm. Laat die deeg oornag rus. Voorverhit die oond tot 200C en smeer ‘n bakplaat. Neem die helfte van die deeg en werk die rooibolus of rooi voedsel kleursel daarby in. Rol die oorblywende deeg tot 5 mm dik uit.
Rangskik repies van die gekleurde deeg op die uitgerolde deeg en rol dit weer tot 5 mm dik uit.
Sny sirkels uit die deeg met ‘n glas van 50 mm in deursneë. Rangskik die deeg sirkels op die bakplaat en bak vir 10 minute. Verwyder uit die oond en laat afkoel.

****Versiersuiker kan oor gestrooi word terwyl dit warm is.

*Resep uit: Cass Abrahams – ‘n Lewe met kos; soos vertel aan Marike Bekker deur LAPA UITGEWERS.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 256 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *