INGELEGDE KOOL:

Anna EKsteen

Bestanddele
2kg vars kool, gekerf (+- 20 Koppies gekerfde kool)
1kg uie, gekerf
25ml kerriepoeier
12.5ml borrie
750ml asyn
750ml suiker
25ml sout
30ml mielieblom

Metode
Was kool en dreineer goed. Kook kool, uie, suiker, sout en asyn saam tot kool sag is, maar nie pap nie. Maak kerriepoeier, borrie en mielieblom met ‘n bietjie asyn aan en voeg by koolmengsel. Laat goed deurkook en bottel terwyl koolmengsel nog warm is. Dit hou baie goed in die yskas.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,126 times, 1 visits today)
Advertisements

2 thoughts on “INGELEGDE KOOL:”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *