Jak. 1V5

Vrydag 17 November 2017 Tema: Bekwaamheid wat tel 5
**** My eie woorde:
****‘n Mens kan hoe kundig of bekwaam wees en tog sonder wysheid
wees. Is dit moontlik? Dit hang af waarmee jy meet. Die beste maatstaf
is Jesus Christus en Sy Woord . Die Woord sê die beginsel van wysheid
is die vrees van die HERE. Dus, as ek Hom nie vrees nie, al is ek hoe
bekwaam is dit waardeloos. Daar is een gawe wat tot elkeen se
beskikking is want Hy gee dit vir almal sonder om te verwyt…. die
voorwaarde? Jy moet vra. Die gawe? Wysheid. Dan die beste deel. HY
maak ons bekwaam om eendag in Sy ryk in te kan gaan . Hoe doen Hy
dit ? Hy het dit gedoen toe Hy in my en jou plek aan die kruis gaan sterf
het, en al wat ek en jy moet doen is om dit in geloof te aanvaar. Tog is
ons almal se vraag … HERE wat moet ek doen? Gaan sit in geloof aan
Sy voete en luister na Sy Woord.
Jak. 1V5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God
bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan
hom gegee word.
Spreuke 9:10 Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE,
en kennis van die Heilige is verstand.
Kol. 1V12 en die Vader mag dank wat ons bekwaam gemaak het om
deel te hê aan die erfdeel van die heiliges in die lig—13 Hy wat ons
verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die
koninkryk van die Seun van sy liefde,
Luk. 10:39 En sy het ‘n suster gehad met die naam van Maria; dié het
aan die voete van Jesus gesit en na sy woord geluister.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 17,18 en 19 November 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Dalene Odendahl 17 Nov
Chris Peters 17 Nov
Avril Wilken 18 Nov
Noleen Bauer 18 Nov
Gawie Nel 18 Nov.
Anne-Marie Seyfert 18 Nov
Ella Grobler 18 Nov.
Edna Tolmay 19 Nov
Duelinda Botes 19 Nov.
Marlize Müller 19 Nov
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 97 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *