Jos 5:14

Maandag 6 November 2017 Tema: Sy wil vir my…1
**** My eie woorde:
****So dikwels vra mense maar wat is God se wil? In vandag se twee
tekste sien ons iets baie interessant. Eerstens Josua val op sy aangesig
en buig hom neer. In die tweede teksgedeelte sê dit ons moenie deel
van die wêreld wees nie. Dadelik is ons gereed om te vra maar hoe?
Dan antwoord Paulus….. laat God julle verander. Hoe gaan Hy my en
jou verander? Hy verander ons gedagtes. Wanneer Hy dit gedoen het
sê Paulus DAN sal jy kan onderskei wat God se wil vir jou is. So hoe
weet ek dan wat is God se wil? Oorgee elke dag aan Hom.
Jos 5:14
En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou
gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer
en vra Hom: wat wil my Here aan Sy dienskneg sê?
Rom 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie,
maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. dan sal julle
ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en
aanneemlik en volmaak is.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 6 November 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Johan Horn 6 Nov.
Lizal van Wyk: Namibie – 06 Nov.
Imelda Feris 6 Nov.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 59 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *