Kaneel Rolle

24 koekies

Deeg
2 koppies koekmeel
¼ koppie  suiker
1 koppie (227gram) botter, blokkies gesny
¼ koppie EsDoorn (Maple) stroop, plus xtra vir smeer
2 eetlepels appelsap
3 groot eierwitte, geklits

Pecan neut vulsel
¼ koppie bruinsuiker
1½ eetlepels fyn kaneel gemeng en 1 koppie fyn gekapte pekanneute

Bolaag
Room Kaas versiering (Cream Cheese Icing)
1. Maak die deeg: Sit die meel, suiker en botter in ‘n voedselverwerker of blender. Pols totdat die deeg in klein stukkies bymekaarkom
2. Voeg die ¼ koppies stroop en die appelsap en pols om in ‘n bal te vorm.
3. Verdeel die deeg in twee, druk plat, en draai dit in  Kleef plastiek toe. Verkoel vir 2 ure.
4. Maak die vulsel: Kombineer die bruinsuiker, kaneel en pekanneute in ‘n klein bakkie; hou eenkant.
5. Wanneer die deeg afgekoel is, rol die een bol deeg op ‘n meelblom bestrooide werkoppervlak uit tot 2.5cm dik en by 2.5cm wyd met 28cm lank. Smeer met eierwit (dit maak dat die deeg klou). Strooi die helfte van die vulsel op die deeg. Begin met ‘n kort kant, rol die deeg in ‘n stywe rol. Herhaal met die ander stuk deeg. Rol elke rol deeg in kleef plastiek toeen verkoel vir 1 uur.
6. Voorverhit die oond tot 125 ° C. Plaas bakpapier op 2 bakplate.
7. Sny die deeg in dun snye. Moenie hulle te dun sny nie, anders sal die koekies uitmekaar breek terwyl dit gebak word. Plaas die koekies op die bakplate 2cm uitmekaar, en smeer met esdoorn stroop. Bak vir 20 tot 25 minute tot lig bruin. Verwyder uit die oond en plaas op n afkoel rak tot koud.
8. Sit die versiersel in ‘n versier/puitsak met n dun punt vooraan. Hou die sak 5cm bo die koekies laat die versiersel op die koekies loop en beweeg heen en weer om lyne te trek.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 352 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *