KONDENSMELKTERT

Rika Theron

Bestanddele
1 pakkie fyngedrukte Tennisbeskuitjies,
60 ml gesmelte botter,
1 blikkie kondensmelk,
125 ml suurlemoensap,
sout,
gerasperde skil van 1 suurlemoen,
knypie kremetart,
1 ekstra-groot eiers, geskei,
90 ml strooisuiker.

Metode
Verhit oond (180°C). Meng beskuitjies en botter en druk op bodem van tertbak vas. Klits kondensmelk, suurlemoensap, sout en skil saam met eiergele en giet mengsel oor tertbasis. Klits eierwitte en kremetart tot styf. Voeg suiker geleidelik by terwyl geklits word. Skep meringue bo-op vulsel en bak sowat 20 minute tot ligbruin. Laat afkoel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 436 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *