Luk. 4:2

Vrydag 10 Nov. 2017 Tema: Sy wil vir my 5
**** My eie woorde:
**** Wanneer ons worstel oor die wil van God is dit eintlik ‘n worsteling tussen
gees en vlees. In die tuin van Eden het die vlees oorwin maar die
Verlossingsplan was gereed. Toe Christus gekom het as mens soos ek en jy
het Hy kom wys dat die vlees oorwin kan word. Onthou hy was nie NET drie
keer versoek in die woestyn nie, lees maar self, hy was 40 dae lank versoek.
Sy grootste versoekings het na die veertig dae gekom, juis toe hy op Sy
swakste was, want dit is hoe die bose werk. Kyk gerus in jou eie lewe wanneer
jy op jou swakste is val hy jou aan en dikwels gebruik hy diegene vir wie jy die
liefste is. So het hy Eva ook gebruik. Om God se wil te doen verg toewyding
en oorwinning totdat dit ‘n beginsel in jou lewe word. Wanneer iets ’n beginsel
in jou lewe is, sal jy dit nie doen nie al is die kans daar. Dit beteken nie dat ek
en jy nie versoek gaan word nie, verseker nie, dit beteken dat ons sal staan by
ons beginsels kom wat wil. Christus het die beginsels van Sy Vader eerste
gestel en dit is die lied van die Koninkryk om self, my en myne neer te lê en
so te leef dat Hy as my Skepper al die Eer sal ontvang. Hy het ons nie net
gemaak nie, Hy het ons met Sy eie lewe en bloed terug gekoop. ’n Volmaakte
lewe inruil vir ’n berouvolle sondaar .
Luk. 4:2 waar Hy veertig dae lank deur die duiwel versoek is;…..
1Pet 2:15 Want so is dit die wil van God dat julle deur goed te doen die
onkunde van die dwase mense tot swye sal bring,
1Pet 3:17 Want dit is beter, as die wil van God dit eis, dat julle ly wanneer
julle goed doen as wanneer julle kwaad doen.
1Pet 4:2 om die orige tyd in die vlees nie meer volgens die begeerlikhede van
die mense te leef nie, maar volgens die wil van God.
Joh 15:13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir
sy vriende gee. V14 Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle
beveel.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n
skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 10,11 & 12 November 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Sonja Dörnbrack 10 Nov.
Colie Pretorius 10 Nov.
Gideon v d Berg 10 Nov.
Chrystal Matthysen 11 Nov.
Barbie Liebenberg 11 Nov
Cynthia Modise 11 Nov
Leoné Keet 11 Nov
Retha Maree 11 Nov
Mandy Ockhuizen 11 Nov.
Adriaan v Jaarsveld 12 Nov.
Andre Oosthuizen 12 Nov.
Christelle Meyer 12 Nov
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 59 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *