MA SE HAWERMOUTKOEKIES:

Anna Eksteen

Bestanddele
500ml hawermout
250ml suiker
250ml meelblom
250ml fyn klapper
12.5ml stroop
250ml botter
5ml koeksoda

Metode
Smelt botter en stroop en roer die koeksoda in. Dit moenie te warm wees nie, anders gis alles uit, ook nie te koud nie, anders proe alles na koeksoda (jy weet seker..). Voeg die res van die droƫ bestandele by. Gooi in lae pannetjies en bak in die oond tot dit bruin is teen 180C. Sny terwyl dit nog warm is.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 378 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *