Matt.26:39

Lente Nagel

Donderdag 9 November 2017 Tema: Sy wil vir my 4
**** My eie woorde:
**** Die las wat Christus vir ons sonde moes dra was so verskriklik groot. Kyk
bietjie hoe bid Hy. Eerstens Hy val op Sy aangesig en dan bid Hy of dit nie
moontlik is dat die vreeslike beker van Hom weggevat kan word nie, maar dan
kom die volkome onderwerping ….. nogtans nie soos Ek wil nie ….Sy
uitsluitlike doel was selfloos om Sy Vader se wil uit te voer sodat ek en jy
gered kan word. Onskuldig sondeloos oorwinnaar vlekkeloos het Hy die pad
gestap vir my en vir jou. Wanneer ek en jy Hom aanneem kyk ons Vader deur
Hom na ons, en ons staan asof ons nog nooit gesondig het nie. Dit is eintlik te
groot om te verstaan. Juis daarom kan ek en jy vandag met vertroue sê…
nogtans nie my wil nie, maar U wil geskied.
Matt.26:39 En Hy het ‘n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en
gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My
verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.
Heb.10:7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My
geskrywe—om u wil te doen, o God.
Heb.5:8 Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely
het;
Rom 5:7 Want nouliks sal iemand vir ‘n regverdige sterwe vir ‘n goeie
mens sal iemand miskien nog die moed hê om te sterwe 8 maar God
bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons
nog sondaars was.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 9 November 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
\verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Elza Venter 9 Nov.
Brunhilda Garises 9 Nov.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 56 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *