Meermin se Aartappelslaai

Erika Vorster

Bestanddele
6 Medium aartappels
1 koppie suurroom
½ koppie mayonnaise
1 pakkie spek, gekap en bros gebraai
4 hardgekookte eiers – grof gekap as gaar is
1 klein ui – gekap
Spruituie – gekap
1 en ½ koppie gerasperde kaas (meng indien kan 2 kleure bv wit en geel cheddar – dit gee mooi kleur)
Sout en peper na smaak

Metode
Kook die aartappels (in skil) laat afkoel, skil af en sny in blokkies. Meng die suurroom, mayonnaise sout, peper, ui en spruituie. Meng die aartappels, eiers en die helfte van die spek in by die sous
Skep in opdienbak. Gooi die gerasperde kaas en ander helte van die spek oor en bedien

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 829 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *