POLONIE MET PYNAPPEL EN KERRIESOUS

Rika Theron
(4 porsies)

Bestanddele
400 g polonie, in repe gesny,
50 ml olie,
50 ml botter,
25 ml koekmeel,
10 ml kerriepoeier,
5 ml borrie,
500 ml water,
30 ml suurroom,
410 g blik pynappelstukke.

Metode
Verhit olie en botter en braai polonie effens daarin. Voeg 25 ml meel, kerrie en borrie by en roer tot glad. Voeg water geleidelik by en prut tot vloeistof met helfte verminder het. Voeg res van bestanddele by. Geur. Prut tot sous dik is. Sit voor met slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 182 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *