SAMPIOENSOUS

Rika Theron

Bestanddele
60 g botter,
12,5 ml olie,
250 g sampioene,
1 knoffelhuisie,
12,5 ml meel,
250 ml melk,
125 ml room,
90 g Cheddarkaas,
sout & peper.

Metode
Verwarm botter en olie in kastrol, voeg gesnyde sampioene en knoffel by. Soteer 5 minute stadig, haal kastrol van stoof af. Roer meel by. Roer melk en room by tot goed gemeng. Plaas kastrol terug op stoof en roer sous tot dit begin kook en verdik. Verminder hitte, prut 5 minute baie stadig sonder deksel. Voeg kaas by en roer tot kaas gesmelt is. Geur met sout & peper. Prut nog 1 minuut.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,822 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *