Skillie se Lasagne

Peet Mulder

VOORVERHIT OOND TOT 180ᵒ

VIR DIE LASAGNE;
1kg GEMAALDEVLEIS
2 X KOPPIES TAMATIE EN UIE MENGSEL (SIEN RESEP HIERONDER)
1 X UI EN 6 X TAMATIES GESKIL EN OPGEKERF
ROOM VAN TAMATIE SOPPOEIER (DROOG NIE AANGEMAAK NIE)
1 X EETLEPEL SUIKER
2 X TEELEPELS ITALIAANSE KRUIE
80ml TAMATIE PASATA/PUREE
2 X KOPPIES GERASPERDE KAAS. IN TWEE VERDEEL
2 X OONDBAKKE EEN GROTER SODAT ANDER EEN KAN INPAS

VIR DIE TAMATAIE EN UIE SMOOR

  • SNY DIE UI BAIE FYN EN BRAAI TOT LIGBRUIN
  • VOEG NOU DIE OPGEKERFDE TAMATIE OOK FYN EN VOEG BY DIE UIE EN ROER DEUR
  • GOOI BIETJIE SOUT BY DIE MENGSEL
  • ROER NOU DIE TAMATIE PASATA BY EN ROER DEUR
  • ROER NOU DIE ITALIAANSE KRUIE BY DIE MENGSEL
  • HOU EENKANT TOT BENODIG

BENODIGHEDE VIR DIE WITSOUS;
5 EETLEPELS KOEKMEEL
2 EETLEPELS MARGARINE
4 X KOPPIES MELK (WARM NIE KOKEND NIE) HELP OM SOUS GLAD TE MAAK.
KNIPPIE SOUT EN SWARTPEPER

METODE; VIR DIE MAALVLEIS;

  • PLAAS LASAGNE VELLE IN KOOKWATER OM SAG EN BUIGSAAM TE MAAK.
  • BRAAI GEMAALDEVLEIS TOT BRUIN.
  • SPRINKEL DIE SOPPOEIER BO-OOR DIE VLEIS EN ROER GOED DEUR
  • VOEG ONGEVEER 3/4 KOPPIE WATER BY EN KOOK TOT AMPER DROOG.
  • VOEG NOU TAMATIE EN UIE MENGSEL BY.
  • ROER NOU DIE SUIKER BY.
  • LAAT GOED DEURKOOK EN MAAK SEKER DAT DIE VLEIS NIE DROOG KOOK NIE.

METODE; VIR DIE WITSOUS

  • SMELT DIE MARGARINE OOR MATIGE WARMPLAAT
  • ROER NOU DIE MEEL BY.
  • VOEG MELK STADIG BY TERWYL AANHOUDEND GROER WORD.
  • KOOK TOT SOUS VERDIK, MAAR NOG LOPERIG. ROER SOUT EN PEPER BY
  • VOEG 1 X KOPPIE KAAS BY EN ROER DEUR.

VUL VAN DIE BAKKE;

  • SKEP ‘N LAGIE WITSOUS IN DIE KLEINER OONDBAK.
  • PAK NOU ‘N LAGIE LASAGNE BO-OP DIE SOUS, MOENIE DAT DIE VELLE OORVLEUEL NIE.
  • PAK NOU ‘N LAGIE GEMAALDEVLEIS BO-OP DIE VELLE LASAGNE.
  • HOU AAN OM LAE TE PAK SOOS BO BESKRYF TOTDAT BAK GEVUL IS.
  • EINDIG MET ‘N LAGIE WITSOUS
  • STROOI DIE KAAS BO-OOR
  • VUL DIE ANDER OONDBAK MET WARMWATER EN PLAAS DIE OONDBAK MET DIE LASAGNA BINNE DIE EEN MET DIE WATER (PASOP VIR BRAND)
  • BAK VIR ONGEVEER 30 MINUTE IN OOND TOTDAT KAAS GESMELT IS EN BRUINERIG WORD.
  • BEDIEN SAAM MET TAMATIESLAAI EN BEET

Dankie Peet Mulder vir jou resep

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 362 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *