SOETSUUR VARKVLEIS MET PYNAPPEL

Rika Theron
(6 porsies)

Bestanddele
750 g maer varkblad, in blokkies gesny,
1 blik pynappelstukke,
62,5 ml. bruin suiker,
25 ml mielieblom,
62,5 ml asyn,
12,5 ml sojasous,
2 ml sout,
180 ml soetrissierepies (opsioneel),
60 ml fyngekapte ui.

Metode
Braai vleis stadig bruin in sowat 25 ml olie. Dreineer oortollige vet. Voeg 60 ml water by en stowe stadig tot gaar. Dreineer pynappel, hou stroop. Meng suiker met mielieblom, voeg stroop, sojasous, asyn en sout by. Kook oor lae hitte tot dit verdik, roer aanhoudend. Giet sous oor warm vleis. Laat 10 min. staan. Voeg pynappel, soetrissie en uie by en stowe 2 tot 3 minute. Sit saam met noedels voor.

Wenk
Die sous kan ook vir gaar hoendervleis gebruik word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,165 times, 2 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *