Spr. 10:2

Dinsdag 7 November 2017 Tema: Sy wil vir my 2
**** My eie woorde:
**** Vandag se gedeelte sê dat mense leef vir hier en nou maar
uiteindelik is dit juis om volgens die wil van God te leef wat redding
bring. Dan die wonderlike deel waar Christus sê dat wanneer ons Sy wil
doen, is ons Sy familie, wonderlik. Die derde teks sê wanneer mense
iets aan my en jou, as God se kind doen, of dit goed of sleg is, dan
is dit net so goed hulle het dit aan Hom gedoen. Elkeen sal hulle loon
daarvoor kry. Onthou soos ek verlede week gesê het ons werke red ons
nie, maar dit wys wat in ons hart is. Dalk is jy een van daardie mense
wat altyd goeddoen aan ander en jy dink…aaag niemand sien dit nie.
Vanoggend gee ek jou daardie blye versekering ons Hemelse Vader
sien dit en Hy sal jou seën en vergoed op Sy tyd en manier.
Spr. 10:2 Goed wat deur onreg bekom is, bring geen voordeel nie; om te lewe
volgens die wil van God, red ‘n mens van die dood.
Mark 3:35 Jesus het gesê: “Want elkeen wat die wil van God doen, dié is my
broer en my suster en moeder. ”
Matt. 25:40 En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir
julle, vir sovêr julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie
broeders van My, het julle dit aan My gedoen.
2Kor.5:10 Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn,
sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy
gedoen het, of dit goed is of kwaad.
Matt 6:10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel
net so ook op die aarde;
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder
‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 7 November 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Johleen Oerson 7 Nov.
Kobus Pretorius 07 Nov.
Elaine Eastes 7 Nov
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 73 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *