Spr. 14:31

Dinsdag 21 November 2017 Tema: Behoeftig en ellendig. 2
**** My eie woorde
****Die afgelope tyd het ek gesien hoe die HERE mense wat letterlik en
figuurlik op die ashoop sit, verander en ophef, wanneer hulle opreg die
HERE begin dien. Hoe hulle binnekante verander en dan sorg die
HERE vir die res. Nogtans bly dit ons elkeen se keuse watter pad wil
ons loop. Die breë pad is gemaklik en wyd en daar is baie en dis vol
plesier en jolyt met eet en drink daarbý. Die smal pad is steil en moeilik
met baie teëstand en daar is net ’n handjie vol op daardie pad. Dis nie
altyd lekker nie en die moeilike dae is dikwels meer as die maklike dae.
Tog is dit juis dié pad wat na Sy koninkryk lei.
Spr. 14:31 Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat
hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.
Ps 109:31 want Hy staan aan die regterhand van die behoeftige om
hom te verlos van die wat hom veroordeel..
Ps 113:7 Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die
ashoop af verhef;
Luk 17:26 En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook
wees in die dae van die Seun van die mens: V27 hulle het geëet en
gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat
Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal
vernietig het.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n
skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 21 November 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Stephanie Bauer 21 Nov
Barend Esterhuizen 21 Nov
Helen Doman 21 Nov
Sylvia v d Vyver 21 Nov
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 64 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *