SPREUKE 1:10-12

Anne se idee van die hemel is soos volg: mooi sonnige plek. Mooi blomme en n smal pad wat sy in haar eie rooi afslaankap motor, met lekker harde doef musiek haar sonbril heen kan ry. Sjoe sys net 13jr en love dit om te ry? Haar pa het haar geleer. En as haar ouers weg is, hoor sy n stemmetjie se komaan net om die blok. En dan luister sy wat daai stem se ipv om te onthou wat die Bybel se. “My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie; as hulle sê: Gaan saam met ons, laat ons loer op bloed, laat ons die onskuldige voorlê sonder oorsaak, laat ons hulle lewendig verslind soos die doderyk en die gesondes soos die wat in die kuil neerdaal;” (SPREUKE 1:10-12).

God se Opdrag: “En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. ” (ROMEINE 6:13-14).

God se Belofte: “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ’n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.” (I KORINTHIËRS 10:13).

Watter raad het jy vir Anne?
Wat moet sy doen as sy weer daai stemmetjie hoor?
Hoekom gee Jy sulke goeie raad en volg dit nie self nie?
God sal vir jou n uitkons gee. Soek Sy ontsnappingsroete en volg dit na. Maak nie saak wat die stem se of hoe jy voel nie. Dis hoekom ons gereeld die Bybel moet lees, dat ons kan weet wat Jesus sou doen as Hy daar was. Hy was ook in die Woestyn Versoek. So Hyt ook daai selfde ssssssStemmetjie Gehoor. Soos Eva ook in die tuin gedoen het, en reg deur die Woord van God. Ons maak almal foute, maar wat sou jy doen as Jesus saam jou geloop het? Nou wat is fout Sy Helper die Heilige Gees is in jou 24/7 en al sien jy Hom nie loop jy hand aan hand in die geesteswereld met Jesus. Tel op jou kop, vee af daai trane, klim uit daai gat, Jesus is by jou. Wys die Wereld hoe trots jy is om saam Hom te loop. Bly in Hom dat Hy in jou kan Bly. Waar U gaan sal EK gaan. Wow, paar dinge wat ek moet uitsny, paar plekke waar ek nie my voete mag sit nie. Mag jy n Baie Geseende Dag Geniet Jesus het jou lief.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 55 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *