VANIELJERYSPOEDING MET APPELKOOS- COMPOTE

Anna Eksteen

Bestanddele RYSPOEDING
250ml witrys
1,25 – 1,5 liter
(5-6k) volroommelk
1 vanieljepeul, deurgesny en saadjies uitgeskraap
knippie sout
125ml suiker

APPELKOOSCOMPOTE
500ml gedroogde appelkose
250ml suiker
125ml rooibostee
80ml brandewyn
1 kaneelstok

Metode
Gooi alles vir die ryspoeding (die vanieljepeul word saam met die uitgeskraapte saadjies bygevoeg) in ‘n groot kastrol. Verhit stadig oor lae hitte tot die melk begin kook. Verlaag die hitte en prut terwyl aanhoudend geroer word, die poeding dik en romerig en die ryskorrels gaar is. Terwyl die poeding kook, verhit alles vir die compote saam tot die suiker gesmelt is. Kook tot die appelkose sag en die sous stroperig is. Skep die warm compote oor porsies ryspoeding en sit warm voor. Lewer 6-8 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 93 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *