Braaihoender

Bestanddele
Hoenderporsies
375 ml asyn
375 ml olie
75 ml Worcestersous
75 ml tamatiesous
20 ml kerriepoeier of 10 ml Tabascosous
50 ml sout
20 ml paprika
7 ml mosterdpoeier
1 middelslag ui, gerasper
1 knoffelhuisie, fyn

Metode
Meng al die bestanddele vir die sous goed.  Marineer die hoenderstukke ongeveer 1 uur lank in sous en draai stukke vleis ‘n paar keer om. Gooi sous af en bak hoender in stadige oond tot goudbruin. Die hoender kan ook oor die kole gebraai word. As jy haastig is, doop hoender in sous en bak.
Sous kan lank in yskas gehou word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 468 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *