Dik groente sop

 

Bestanddele
4 in one sop mengsel oornag in kookwater, spoel deeglik af. Kook tog sag in slow cooker (gewoonlik oornag)
1 pak vars sop groente (PNP \ Spar)
2 E Botter/margarien
2 E Mielieblom
3 kop Melk [of 1 kop room en 2 kop melk]
1 pakkie hoendersop \ uie sop
2 koppies Gaar, fyngesnyde hoendervleis
1 pak gaar macaroni

Metode
Kook die sop mengsel tot sag, voeg sout en botter by. Roerbraai die groente in die botter/margarien tot sag. Maak die mielieblom aan met bietjie van die melk en hou eenkant. Voeg die res van die melk by die gebraaide groente en verhit tot kookpunt. Maak die pakkie hoendersop \ uie sop aan met kookwater, gooi dit by sopmengsel en laat prut. Kook totdat dit effens verdik en voeg dan die gesnyde hoendervleis hierby en laat dit warm word. Voeg die gaar macaroni heel laaste by.

Wenk
Pas die resep aan na jou smaak, ivp hoendervleis, kan jy blokkies vleis byvoeg en braai dit dan saam met die groentemengsel. Jy kan ook  enige noedels byvoeg, blokkies aartappels, gaar wortels. Sout, pepper na smaak.

(Visited 4,171 times, 3 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui