Fil 1:9

Dinsdag 5 Desember 2017 Tema: Kom ons vertel ….2
**** My eie woorde:
**** Ek kry vanoggend hierdie skrif en dit pas so perfek by vandag se
getuienis . Hoe getrou is die Heilige Gees net nie. Wanneer ons die
HERE vind en dien met ons hele hart , juis dan neem ons toe in liefde
kennis en ervaring, juis om te onderskei wat is werklik van waarde.
Uiteindelik gaan alles om die evangelie te bevorder sodat ons gereed
kan wees die dag wanneer Hy Sy kinders kom haal.
Fil 1:9 En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag
word in kennis en alle ervaring, V10 om die dinge waar dit op aankom,
te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie,
tot op die dag van Christus, V11 vervul met die vrug van geregtigheid
wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en lof van God. V12 En
ek wil hê dat julle moet weet, broeders, dat wat my wedervaar het,
eerder op bevordering van die evangelie uitgeloop het,
GETUIENISSE en TERUGVOER
B -getuig:
Ek het op 5 November my hart en lewe aan God oorgegee. Natuurlik het daar
ook baie negatiewe goed gebeur maar weet julle wat? Ek wil dit nie onthou nie
want God is goed en ek kyk terug en sien dat dit nie sò erg was nie! Ons is
gesond, ons het wonderlike kinders en kleinkinders. Meeste van als, ons dien
‘n Ware, Lewendige, Waarmaker God van Sy woord en ons mag Hom nog
vrylik dien. Dankie vir al jou opheffende boodskappe almal het met my
persoonlik gespreek. Al die lof en Eer aan Hom.
F getuig:
Ek is gister van al my SASSA geld beroof. Toe ek by my blyplek kom om
te gaan reël het iemand reeds my blyplek vir my betaal. Hoe voorsien
die HERE net nie PRYS SY NAAM.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n
skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 5 Desember 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Riana Jacobs 5 Des.
Delfina Vos 5 Des.
Mariette v/d Merwe 5 Des.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 137 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *