Jak 1:17

Woensdag 6 Desember 2017 Tema: Kom ons vertel …3
**** My eie woorde
**** Weet julle baie keer dink ons die HERE gee nie ag op “klein”
dingetjies nie. Eintlik gee Hy ag net op klein dingetjies wanneer jy dink
aan amper 8 biljoen mense …en Hy hoor een spikkeltjie in die heelal se
gebed. Dis ’n klein dingetjie maar mense dis GROOT en onbegryplik.
Dink aan die CEO van ’n maatskappy stap by sy motor verby en op die
grond is ’n miertjie besig om ’n brood korreltjie by ’n gaatjie in te sleep.
Hy gaan sit op sy hurke neem ’n dun grassie en help die miertjie
versigtig totdat hy veilig in sy gaatjie verdwyn. Dit is maar ’n klein
vergelyking wanneer die God van die heelal afkyk na my en jou en ons
uitroep na Hom hoor en verhoor.
Jak 1:17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer,
van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee
van omkering is nie.
Fil4:19 En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in
heerlikheid deur Christus Jesus. V20 Aan onse God en Vader die
heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
GETUIENISSE en TERUGVOER
LF getuig
My suster woon in Skotland sedert 1996. Ek het haar laas in Augustus 1999
gesien. Een oggend op pad werk toe bid ek en vra die Here as dit Sy wil is, dat
ek my suster nog net een keer kan sien, en as dit Sy wil is dat Hy asb. ook
moet voorsien. So week of twee daarna vra iemand my wanneer laas het jy jou
suster gesien? Deur God se grootheid en genade is die vliegtuig kaartjies
gister bespreek en betaal. Alle lof en eer aan God.
**** Amen Daar is nog twee dagstukkies oor vir die jaar. Indien jy iets wil
deel oor jou getuienis stuur dit gerus aan .
VERJAARSDAE 6 Desember 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die HERE jou
spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Ina Jooste 6 Des
Johan Neuhoff 6 Des
Mark Calvet 6 Des.
Ina Delport 6 Des.
Petro Holzhauzen 6 Des
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 111 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *