Liquifruit Hoender

Bestanddele
1 hoender
1 pakkie soppoeier van jou keuse
‘n Houertjie appelkoos Liquifruit

Metode
Strooi helfte van pakkie sop onder in ‘n oondskottel (en gooi sommer nog ‘n bietjie hoenderspeserye, aromat en ±2/3 naeltjies by). Pak die hoenderstukke bo-op die sop.  Strooi die ander helfte van die soppoeier en geurmiddels bo-oor. Gooi Liquifruit bo-oor hoenderstukke. Bak in ‘n oondskottel met ‘n deksel by 180 – 200°C tot goudbruin. Draai af en toe om en gooi sap bo-oor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,165 times, 1 visits today)
Advertisements

2 thoughts on “Liquifruit Hoender”

    1. Dit sal die gewone klein houertjie wees. Maar as jy sien dit gaan te min sous wees, kan jy nog een by gooi

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *