MIELIEGEREG (1)

Rika Theron

Bestanddele
500 g kapokaartappels gemeng met 30 ml botter,
1 blikkie heelpit suikermielies,
500 g Weense worsies,
1 groen soetrissie, ontpit en in repies gesny,
500 ml witsous,
125 ml gerasperde kaas.

Metode
Geur aartappels en druk in gesmeerde tertbord om kors te vorm. Meng mielies en rissie en skep oor aartappels. Rangskik worsies in wielpatroon bo-op. Skep witsous oor en strooi kaas bo-oor. Bak 15 – 20 min (180°C).

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 466 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *