Openb 5V11

Laaste dagstukkie 2017- begin weer 2018
Vrydag 8 Des.2017 Tema: Kom ons vertel 5
**** My eie woorde:
**** Wel so kom ons aan die einde van hierdie jaar se dagstukkies
‘n Jaar vol kommer hartseer onsekerheid, maar ook met dankbaarheid
vreugde liefde en vrede. Ek kan ook net sê dat die Here se genade ook
vir my genoeg is en was. Die Here het die finansies voorsien vir hierdie
bediening, hy het mense oor my pad gestuur op vreemde maniere.
Weet julle wat is die grootste verlange van my hart? Dit is dat wanneer
ons eendag voor die Here staan elkeen van julle wat so getrou hier lees
en saam deel, ook daar sal wees. Die tyd vir godsdiens is verby …dis
nou tyd om ‘n verhouding met Jesus Christus aan te knoop. Eendag sal
ons sien en erken Hy is regverdig goed en vol genade al verstaan ons
nie nou alles nie. Hy is die ENIGSTE die BEGIN en die EINDE die Alfa
en die Omega. Sonder Hom is ons sonder hoop, sonder anker en
verlore. Mag ons in die dae wat voorlê nie aan Hom dink as ‘n babatjie
vol versiersels en als wat die wêreld uitdeel nie, maar mag ons Hom
sien soos Hy tans aan die regterhand van die Vader sit die Koning van
die heelal vol krag, rykdom, wysheid, sterkte, eer, heerlikheid en lof.
Mag ons Hom aanbid die enigste waaragtige Skepper God.
Openb 5V11 Toe sien ek, en ek hoor ‘n stem van baie engele rondom
die troon en van die lewende wesens en die ouderlinge; en hulle getal
was tien duisende van tien duisende en duisende van duisende;
12 en met ‘n groot stem het hulle gesê: Die Lam wat geslag is, is
waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer
en heerlikheid en lof.13 En elke skepsel wat in die hemel en op die
aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is,
het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe
die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! 14
En die vier lewende wesens het gesê: Amen! En die vier en twintig
ouderlinge het neergeval en Hom aanbid wat lewe tot in alle ewigheid.
Openb 15V 4 Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik
nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U
aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.
GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Voordat ek afsluit vir die tydjie rig ek ’n uitdaging aan julle elkeen.
Aan die begin van elke jaar vas en bid ons vir die jaar wat voorlê.
Ek gaan gewoonlik op ’n vrugtesap vas ander gaan op ’n Daniël vas van
net vrugte en groente geen brood en lekkernye vir 21dae. Die datums
so die HERE wil en ons is gespaar, is 8 tot 28 Januarie 2018 . Dink
daaroor en bid daaroor en vroeg volgende jaar doen ons finale
beplanning
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE Desember 2017
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag in Desember Mag die HERE
jou spesiaal seën en mag jou nuwe lewensjaar ’n besondere jaar in jou
verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag (**,)
Simone Muller 9 Des.
Christo Basson 9 Des.
Bertie Koen 10 Des.
Gideon Wiid 15 Desember
Gertrude 15 Des
Mariska Mathew 15 Des
Yf Veldhuisen 16 Des.
Caecilia v Wyk 18 Des.
Eddie Yssel 19 Des
Ina Snyman 19 Des.
Ronica Rooiland 19 Des.
Carol Rygardt 24 Dec
Elmari Potgieter 24 Des.
Pikkie Berry 25 Des.
Stuur gerus jou verjaardagdatum aan :
druk net “REPLY” en stuur jou naam en dag soos hier bo
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 131 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *