Haastig 1

Maandag 15 Januarie 2018 Tema: Haastig 1
**** My eie woorde
**** Goeiemôre almal. Vele het verlede week al begin werk maar
vandag is daar weer ander wat wegspring en Woensdag wanneer
die skole begin, is alles in rep en roer. Ek vra vanmôre vir die HERE
’n woord en wat ek kry is “haastig” Daar is ’n verskil tussen haastig
en flink. Flink is ‘n knap manier van optrede maar ook deeglik.
Haastig in die Bybel dui nogal op foute. Een ding wat vanoggend
uitstaan, daar is nie ’n vinnige manier van ryk word aan aardse
besittings nie, net so ook nie aan die hemelse koninkryk nie. Die
HERE doen ook nie dinge oorhaastig nie, Hy weet presies wat Hy
doen en op die regte tyd. Lees gerus vandag se tekste, oorpeins dit
en weet ons het ’n verantwoordelikheid om hard te werk wanneer
ons die voorreg het om ’n werk te hê, maar ook om pligsgetrou en
betroubaar te wees al sien niemand ons nie.
Spr 20:21 ‘n Besit wat by die begin haastig bymekaargeskraap is—
die einde daarvan sal tog nie geseënd wees nie.
Spr 28:20 ‘n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat
haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.
Kol.3:23 En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die
Here en nie vir mense nie,
GETUIENISSE en TERUGVOER
**** Indien jy nog nie bewus is daarvan nie, daar is ‘n whatsapp groepie
Stuur net jou naam na 082-376-0353 Dis nie ‘n beprekingsgroepie nie
en ek stuur nie prentjies en allerhande goed nie.
Ek “broadcast” so ander sien nie jou naam en nommer nie.
****Indien jy ‘n getuienis het wat met jou gebeur het, stuur dit gerus
aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort
asb. 
VERJAARSDAE 15 Januarie 2018
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag. Mag die HERE
jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in
jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dag
Tina Strydom 15 Jan
Jeanin Fouche 15 Jan
Mossie Nieuwoudt 15 Jan
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
Gratis bybelstudie CD’s-1-13
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 110 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *