Volharding 5

Vrydag 26 Januarie 2018 Tema: Volharding 5

**** My eie woorde

****Ons ken die spreekwoord wat sê: “ Moenie laat slaplê nie” Ek dink almal van ons voel soms dat jy boedel wil oorgee. Wanneer jy om jou kyk, die nuus lees en al die gemors wat oral aan die gang is, voel jy dit raak teveel. Volharding beteken ek en jy staan op en pak die dag weer met toewyding en ywer aan. Gee elke saak waarmee jy worstel vir die HERE, maak nie saak wat nie. Onthou ons staan in diens van die Koning van die heelal. Hy kon engele gebruik het maar Hy kies jou en my. Soos die kinder liedjie sê- ons is Jesus se soldaatjies dan moet ons mos werk soos mens dit moet doen vir die  Koning van die heelal . Geseënde naweek almal. Tot Maandag as ons gespaar bly.

Spreuke 18:9  Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is ‘n broer van ‘n verwoester.

Spreuke 24:10  Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort.

Heb.12v12 Daarom, rig die slap hande en die verlamde knieë weer op;13  en maak reguit paaie vir julle voete, sodat wat kreupel is, nie uit lit raak nie, maar liewer gesond gemaak word.14  Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie;15  en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie.

Mat 10:22  En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

VERJAARSDAE 26,27 & 28 Januarie2018

Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag. Mag die HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou bederf dagJ

Paula Schultz 26 Jan

Lola Bronkhorst  26 Jan

Nico Jansen 27 Jan

Theo Potgieter 27 Jan.

Senzele Kamati 27 Jan

André Dumas 27 Jan

Wendy Iyambo 28 Jan.

Tracey Olivier 28 Jan.

Brechi Lubbe 28 Jan.

Rina Roodt 28 Jan

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gratis bybelstudie CD’s-1-13

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 100 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *